Monday, 14 November 2011

3 Diere wat jou uit Suid Afrika behoort te hou

Wanneer Suid Afrika op televisie uitgebeeld word, is dit gewoonlik 'n eutopiese montage van sprankelende waters, sonskyn en gewillige locals wat net braaivleis en drank in jou keel af wil gooi. Wat jy wel nooit sien nie, is die donker realiteit van die Suid Afrikaanse fauna wat om elke hoek en draai wag om of jou lewe kort te knip of seker te maak jy slaap nooit weer sonder 'n baksteen langs jou bed nie. Dus, vir almal se convenience, hiervolgens die Top 3 Fokof-uit-die-land-en-kom-nooit-terug-tot-hulle-weg-is Suid Afrikaanse inwoners.

1. Swart Mamba

  
Let's face it, slange is die Boksburg street-racers van die dierewereld. Weens hulle totale gebrek aan bedeeldheid (in hierdie geval arms en bene) moet hulle vir almal in die hele donnerse wereld wys hoe kief en spif hulle is deur totaal te overcompensate in ander afdelings. Die swart mamba is geen uitsondering en, weens sy gebrek aan pragtige patrone en ratels aan sy gatkant, moet dit dubbel hard probeer om in te wees waar dit tel. Hy doen dit deur genoeg gif rond te dra om 12 volgroeide mans (of 3 Jimmy Abbots) plat te trek en binne 'n uur of so in skuimende, skytende massas van fokol te omskep.

Mamba gif is onstellend effektief. Binne 20 minute is dit half veilig om te sê jy sou wens jy het daai laaste paar adult diapers gespaar vir 'n rainy day aangesien jou lyf alle vermoë verloor om homself in toom te hou. Die gelukkiges hou gewoonlik so 2-4 ure van onmenslike pyn, spasma, en koue sweet uit voor hulle uteindelik die kierie kap.

Mamba's is ook onmenslik aggressief en vattiekak van kabouters nie. Alhoewel 'n mamba liewers sal vlug as veg onder normale omstandighede, raak hy totaal van sy sinne beroof sodra hy cornered is en verander hy in die slang-ekwivalent van 'n Boksburg clubber na 5 biere (sorry Boksburg, volgende post sal ons Brakpan target, belowe!) Gewone slange sal jou waarsku en probeer afweer voor hulle besluit om jou die snawel in die haksteen te slaan. Nie mamba se kind nie. Vir hom is dit 'n neurotoksiese free-for-all as iemand durf waag naby aan hom kom. Sou jy probeer weghardloop kan die mamba jou jaag teen 'n spoed van sowat 20km/h ook nog (hou in gedagte dat, onder optimale omstandighede, jou standaard mens slegs so 30km/h kan bereik oor 'n afstand).

Die goeie nuus? Geen. Hy is nie baie picky oor sy habitat nie, so hulle kom in verskeie plekke in Suid Afrika voor. Weens oorbevolking van die mens word sy natuurlike habitat ook nou baie meer skraps en begin hulle nou voorkom in mense se agterplase en heel moontlik in jou ma se splinternuwe blombedding. Sterkte, begin solank belê in anti-venom kits.




2. Koringkriek (aka Parktown Prawn)


  
Moet nie vir een oomblik dat die naam jou mislei nie. Koringkrieke het niks te doen met krieke of prawns. Of koring. Krieke spring ook rond en het lang agterbene, maar die Koringkriek het 'n uitdruklike 'Made by Lucifer himself' handelsmerk wat geen ander dier besit nie. Selfs skerpioene en insekte wat skree voor hulle jou aanval is 'n walk in the park in vergelyking met jou standaard koringkriek.

Buiten die feit dat hulle so groot soos 'n klein rot kan word, lê 'n groot deel van die Koringkriek se charm in die feit dat hy donners oral voorkom. Gee nie om hoe kak die omstandighede, daar sal jy 'n Koringkriek vind. Gaan stap in jou tuin in die middel van die koudste fokken winter wyl dit hael, sneeu en daar 'n petrol-vuur in jou beddings is en ek kan jou waarborg jy sal een of twee daar vind. Altyd volgroeid want ons is byna seker hulle word op 'n daaglikse basis hier afgelaai deur buiteruimtelike wesens. Seriously, het iemand al ooit 'n baby Koringkriek gesien?? Al ooit op 'n lot Koringkriek eiers afgekom?? Niemand het nie want dit fokken bestaan nie.

Met nie minder as 786 verskillende vorme van self-verdediging is die Koringkriek ook bekend as die enigste wese naas Riaan Cruywagen wat glad nie kan doodgaan nie. Doom en Baygon dien as suntan lotion vir die gedrog (die Koringkriek, nie Riaan nie) en enige ander vorm van insekdoding sien hy as 'n uitdaging liewer as 'n bedreiging.

Die standaard reaksie wanneer enigiemand gevra word om van die lastige koringkriek in die badkamer ontslae te raak..

Indien bedreig sal die Koringkriek nie soos elke ander sinvolle dier maak en weghardloop nie, nee fok, inteendeel. Wanneer bedreig sal die Koringkriek direk nou jou spring wyl dit 'n dik donker straal van die mees asemrowende stront uitspuit op alles wat dit moontlik kan raakkak (gewoonlik insluitend 'n mat of 'n gordyn). Hierdie stront se reuk sal ook driedubbel vererger sou jy dit probeer afvee of afwas met industriële seep en masjienerie. Dieselfde reuk vul die Koringkriek se binnegoed indien jy daaraan gedink het om oor hom te ry met 'n standaard mieliestroper.


Die standaard reaksie wanneer Koringkriek stront geruik word...

Die goeie nuus is dat die Koringkriek mal is oor plekke soos jou skoene, jou kussing of agter die badkamer deur. Enige plek wat maksimum gemoedsbekakking verseker is die Koringkriek se primary destination.


Proporsie en skaal is min of meer korrek

3. Virusse


Moeder natuur is maar nog altyd bietjie van 'n teef. Kom ons draai nou nie doekies om nie. Sure, sy probeer mooi praat en, net soos kinders wat met sagte liefde grootgemaak word, vee ons gewoonlik ons gatte kollektief aan haar af, maar for fuck's sake. Wanneer ons, as mensdom, so erg ons poppe uit die kot gooi en besluit dat alles groen en naturally-occuring daar is uitsluitlik vir ons plunder en verwoes genot dan wip die ou vrou ordentlik haar gat en gee ons die biologiese ekwivalent van 'n PK deur 'n uitgehongerde ysbeer. Wat ons voel half onnodig is for the most part...

Probleem is, die natuur is slim. In 'n land met net onder 50 miljoen mense, almal relatief styf gepak en dig bevolk, is dit ons te alle tye moontlik net 'n paar niese weg van totale verwoesting. Afrika het die hoogste AIDS syfers in die wereld en het ook die grootste versameling nuwe siektes wat uitsluitlik ontwerp is om jou lyf te verander in 'n blender wat se deksel oop gelos is...
Mej Rapport was half spyt oor haar vakansie in Zambië..



 Maar nie te kommer, sulke goed gebeur mos net in die woude en afgeleë plekke in Afrika, right? Ontmoet "Lujo". 

Die Lujo virus het sy debut op die scene gemaak in 2008 toe dit paniek gesaai het nadat 'n reisagent binne 'n paar dae afgemaai is en in die proses 4 ander mense ook aangesteek het. Die virus is darem betyds bekamp, maar die natuur het onlangs met Ebola bewys dat hy hom nie sommer sal laat onder hou deur 'n paar naalde en bietjie 'sympies nie. (Vir die wat nie weet nie, Ebola is die een wat jou in 'n smoothy verander voor jy jou niere en lewer begin uitnies). Nadat nog 'n uitbraak van die virus verhoed is, het 'n lot wetenskaplikes hom ondersoek en tydens hulle navorsing het die virus van aard verander. Tot so mate dat hy airborne geword het en nie meer aanraking benodig het om oorgedra te word nie. 

Dit is juis wat 'n virus so dodelik maak: hulle evolve, en vinnig ook. Baie vinniger as wat enige van ons die anti-bodies en nodige natuurlike beskerming kan ontwikkel mind you...En omdat hy in ons land soveel en so maklik sy proefkonyne in die hande kan kry is die kanse op 'n spoedige evolusie ook soveel meer.
Want bloeding van die oog is nie net vir zombie-movies bedoel nie
Vir almal wat reeds in die land is en nog rede (buiten die E-toll system en die Jeugliga) gesoek het om te waai, pak maar solank jou tas en maak seker jy het jou gasmasker en anti-gif byderhand (ons het ongelukkig geen oplossing vir die Koringkriek...). Vir die wat wragtig nogSTEEDS land-in wil kom, laat ons net herhaal:


Seriously??? Is dit nie genoeg fokken rede nie???

Sunday, 13 November 2011

Met 'n bietjie liefde...en 'n paplepel

Die ogies wat na jou opstaar is omring deur 'n dun laag mukus en afgeperste sjokolade roomys. Wyl die klein, krom vingertjies (besmeer met wat jy net kan hoop modder is), geniepsig en venynig aan jou splinternuwe YDE hemp klou en jy jou woede agter 'n potlood-dun glimlag probeer wegsteek, vertel die gedrog se ma jou hoe hulle gelees het in Dr Judge Tyra Phil Winfrey se nuwe boek dat liefde en aanmoediging sy kreatiewe kant sal stimuleer en dat basiese dissipline lankal nie meer 'n logiese opsie is nie want dit kamp sy “inner self” in. Terselde tyd het hierdie pragtige voorbeeld van volmaakheid ook sy karretjie tot by die agtersitplek in sy snoet opgedruk en sy roomys op jou skoen uitgekots. 

Glo dit of nie, nie elke mens onder die Suid Afrika son glo jou nuutgevorme klein Child of the Corn is tog te oulik en koddig nie. Inteendeel, daar is niks meer wat 'n K+T skrywer afsit as 'n kind wat met sy halfgevormde woorde probeer verduidelik juis waarom hy hierdie halfgekoude wortel in my skoot kom neermoer nie. Nee, ek verstaan nie wat jy se nie en nee ek al het ek sou ek dit sekerlik nie amusant gevind het nie. Selfs kinders van jou eie ouderdom verstaan nie 'n woord wat jy se nie! Pasgebore katte verstaan mekaar en weet hulle moet nie die ander se tiet steel nie!

Wat jy dink almal sien...
Wat meeste mense eintlik sien...


Buiten die onvolmaakte natuur van kinders onder 20, is daar ook die ever-growing probleem van dissipline onder die jong klomp en die handhawing daarvan. Lyfstraf (of soos ons hom geken het: pakslae) is nou kort op die hake van nekrofelia en hoogverraad van die ergste moontlike goed wat jy ooit in jou lewe kan aanvang. Dit is asof die nuwe generasie ouers die wereld oor eensklaps en oornag besluit het dat die hand wat vir 'n kind gelig word 'n hand is wat 'n ander taak in die tronk gaan moet uitvoer... 

Wat, vra die logiese mens, is dan die alternatief om vir die skepsel, na 27 keer se mooipraat, uiteindelik die punt in te dring dat genoeg genoeg is? Wel, klaarblyklik moet hy, wanneer hy sy purity oor jou gordyne uitgedonner het, geprys word vir sy inisiatief, maar moet hy ook, in logiese en volwasse terme verduidelik word wat die nagevolge van sy optrede was. So, in essence, moet jy sin probeer praat met en die konsep van moraliteit en verantwoordelikheid verduidelik aan 'n ding wat glo Spiderman bestaan rerig en dat snot een van die major food groups is. 

Die probleem met hierdie new age teorie le in die volgende: kinders is fokken stupid. Almal van hulle. Dit maak nie saak hoe vroeg hy al begin lees het of hoe mooi sy haar maaltafels ken nie, jou kind is fokken dom. Het jy al OOIT probeer om die subtiele nuanse van die rolprent “Eraserhead” met 'n kind te bespreek? Dis donners onmoontlik. Hulle primitiewe kinderbreine werk, tot op die ouderdom van 10 net in 3 rigtings: eet, skree en moles. Van 10 tot 15 is dit eet, skree en slaap en van 15 tot 20 is dit eet, skree en boobs. Die kinderbrein is nie, en was nog nooit 'n instrument van logiese en insiggewende denke nie. Sure, daar was die uitsonderings, maar hulle is maar in die uiterse minderheid. Die meerderheid van kinders is glad nie juis vooruitstrewende bakens van intellektuele denke nie. In Suid Afrika het ons nog die wonderlike bykomstigheid van OBE om die saak net soveel te vererger en om 100% seker te maak ons stuur 'n generasie bottom-feeders die wereld in.


Die catch is, alhoewel jou kind die sosiale ekwivalent van 'n dakteel is, gaan hy of sy eventueel ouer en slimmer en (hopelik) meer sosiaal aanvaarbaar word. Maar hy gaan dissipline nodig he om te keer dat hy op 18-jarige ouderdom sy skooljuffrou met 'n Lewensorientering handboek moer en dan op haar lessenaar kak tydens bybel periode (bestaan dit nog of het ons nou net 'n halfuur voor skool waar almal mekaar met naalde steek en gewere uitruil vir seks?) Anyway, iemand gaan vir daai onvoltooide brein moet leer dat “nee” wel nee beteken en dat respek en dissipline nie opsies is nie, maar noodsaaklikhede. 

Basiese dissipline is, ten spyte van wat die Jeugliga mens wil laat dink, glad nie moeilik om toe te pas nie. Dit behoort tweede natuur vir enigiemand te wees en dit maak 'n massiewe verskil as jy net bietjie ordentlikheid vorendag bring. “Dankie” en “Asseblief” was so ingedwing op ons daaglikse taalgebruik dat jy nie eers iemand kon vra om te fokof sonder om mooi te vra nie. Klein goed soos Oom en Tannie (Sir and Ma'am) of 'n stewige handdruk as jy in iemand se huis instap is byna verlore kunste en die uitwerking daarvan is baie groter as wat mens dink. 

Deesdae sien mens al hoe meer hoe die kugel ma op haar selfoon stap met die Cartier ring aan die vinger en die Cartier skyf in die bek wyl haar 3 klein kinders (wat klaarblyklik Hyena bloed erens ingekry het) luidkeels soos 'n swerm bye om haar hardloop in die winkelsentrum. Die ergste wat sy moontlik aan hulle sal doen sal wees om hulle herhaaldelik mooi te vra om nou nie weer hulle stowwerige, taai suigstokkie in die Prada winkel rond te gooi nie. Natuurlik sien die kind dat daar geen nagevolge vir sy aksies is nie en hou aan met sy gedrag. Inteendeel, hy amplify dit eksponensieel elke keer wat daar mooi gepraat word om te sien of mamma ooit breekpunt sal bereik. Maar mamma is vol Valium gepomp en die kinders is vir haar net nog 'n accessory (die pratende ekwivalent van die hond in die handsak) en dus gaan die siklus voort tot die kind eendag in 'n luidkeelse jong mens ontaard wat klein Hyena kinders van haar eie uitpomp.




Erens moet daar 'n streep getrek word. Almal, veral kinders, het perke nodig. Almal moet weet dat daar 'n punt is wat hulle nie mag oorskry nie en almal moet weet dat die oorskryding van daardie punt hoogs ongewenste gevolge sal he. Let it also be known dat hierdie gevolge nie noodwendig 'n pakslae hoef te wees nie (alhoewel 'n warm gat het nog nooit twee keer dieselfde kak aangejaag nie). Op die allerminste moet jy sy speelgoed wegvat of sy 42-inch LED TV met constant Disney loop elke nou en dan uitplug as hy nie wil leer nie. Onthou (en ons kan hierdie nie genoeg uitdruk nie): jou kind is fokken dom, JY moet hom verantwoordelikheid en respek en dissipline leer! DSTV, mooi-praat en Ritalin gaan dit nie vir jou doen nie.