Sunday, 13 November 2011

Met 'n bietjie liefde...en 'n paplepel

Die ogies wat na jou opstaar is omring deur 'n dun laag mukus en afgeperste sjokolade roomys. Wyl die klein, krom vingertjies (besmeer met wat jy net kan hoop modder is), geniepsig en venynig aan jou splinternuwe YDE hemp klou en jy jou woede agter 'n potlood-dun glimlag probeer wegsteek, vertel die gedrog se ma jou hoe hulle gelees het in Dr Judge Tyra Phil Winfrey se nuwe boek dat liefde en aanmoediging sy kreatiewe kant sal stimuleer en dat basiese dissipline lankal nie meer 'n logiese opsie is nie want dit kamp sy “inner self” in. Terselde tyd het hierdie pragtige voorbeeld van volmaakheid ook sy karretjie tot by die agtersitplek in sy snoet opgedruk en sy roomys op jou skoen uitgekots. 

Glo dit of nie, nie elke mens onder die Suid Afrika son glo jou nuutgevorme klein Child of the Corn is tog te oulik en koddig nie. Inteendeel, daar is niks meer wat 'n K+T skrywer afsit as 'n kind wat met sy halfgevormde woorde probeer verduidelik juis waarom hy hierdie halfgekoude wortel in my skoot kom neermoer nie. Nee, ek verstaan nie wat jy se nie en nee ek al het ek sou ek dit sekerlik nie amusant gevind het nie. Selfs kinders van jou eie ouderdom verstaan nie 'n woord wat jy se nie! Pasgebore katte verstaan mekaar en weet hulle moet nie die ander se tiet steel nie!

Wat jy dink almal sien...
Wat meeste mense eintlik sien...


Buiten die onvolmaakte natuur van kinders onder 20, is daar ook die ever-growing probleem van dissipline onder die jong klomp en die handhawing daarvan. Lyfstraf (of soos ons hom geken het: pakslae) is nou kort op die hake van nekrofelia en hoogverraad van die ergste moontlike goed wat jy ooit in jou lewe kan aanvang. Dit is asof die nuwe generasie ouers die wereld oor eensklaps en oornag besluit het dat die hand wat vir 'n kind gelig word 'n hand is wat 'n ander taak in die tronk gaan moet uitvoer... 

Wat, vra die logiese mens, is dan die alternatief om vir die skepsel, na 27 keer se mooipraat, uiteindelik die punt in te dring dat genoeg genoeg is? Wel, klaarblyklik moet hy, wanneer hy sy purity oor jou gordyne uitgedonner het, geprys word vir sy inisiatief, maar moet hy ook, in logiese en volwasse terme verduidelik word wat die nagevolge van sy optrede was. So, in essence, moet jy sin probeer praat met en die konsep van moraliteit en verantwoordelikheid verduidelik aan 'n ding wat glo Spiderman bestaan rerig en dat snot een van die major food groups is. 

Die probleem met hierdie new age teorie le in die volgende: kinders is fokken stupid. Almal van hulle. Dit maak nie saak hoe vroeg hy al begin lees het of hoe mooi sy haar maaltafels ken nie, jou kind is fokken dom. Het jy al OOIT probeer om die subtiele nuanse van die rolprent “Eraserhead” met 'n kind te bespreek? Dis donners onmoontlik. Hulle primitiewe kinderbreine werk, tot op die ouderdom van 10 net in 3 rigtings: eet, skree en moles. Van 10 tot 15 is dit eet, skree en slaap en van 15 tot 20 is dit eet, skree en boobs. Die kinderbrein is nie, en was nog nooit 'n instrument van logiese en insiggewende denke nie. Sure, daar was die uitsonderings, maar hulle is maar in die uiterse minderheid. Die meerderheid van kinders is glad nie juis vooruitstrewende bakens van intellektuele denke nie. In Suid Afrika het ons nog die wonderlike bykomstigheid van OBE om die saak net soveel te vererger en om 100% seker te maak ons stuur 'n generasie bottom-feeders die wereld in.


Die catch is, alhoewel jou kind die sosiale ekwivalent van 'n dakteel is, gaan hy of sy eventueel ouer en slimmer en (hopelik) meer sosiaal aanvaarbaar word. Maar hy gaan dissipline nodig he om te keer dat hy op 18-jarige ouderdom sy skooljuffrou met 'n Lewensorientering handboek moer en dan op haar lessenaar kak tydens bybel periode (bestaan dit nog of het ons nou net 'n halfuur voor skool waar almal mekaar met naalde steek en gewere uitruil vir seks?) Anyway, iemand gaan vir daai onvoltooide brein moet leer dat “nee” wel nee beteken en dat respek en dissipline nie opsies is nie, maar noodsaaklikhede. 

Basiese dissipline is, ten spyte van wat die Jeugliga mens wil laat dink, glad nie moeilik om toe te pas nie. Dit behoort tweede natuur vir enigiemand te wees en dit maak 'n massiewe verskil as jy net bietjie ordentlikheid vorendag bring. “Dankie” en “Asseblief” was so ingedwing op ons daaglikse taalgebruik dat jy nie eers iemand kon vra om te fokof sonder om mooi te vra nie. Klein goed soos Oom en Tannie (Sir and Ma'am) of 'n stewige handdruk as jy in iemand se huis instap is byna verlore kunste en die uitwerking daarvan is baie groter as wat mens dink. 

Deesdae sien mens al hoe meer hoe die kugel ma op haar selfoon stap met die Cartier ring aan die vinger en die Cartier skyf in die bek wyl haar 3 klein kinders (wat klaarblyklik Hyena bloed erens ingekry het) luidkeels soos 'n swerm bye om haar hardloop in die winkelsentrum. Die ergste wat sy moontlik aan hulle sal doen sal wees om hulle herhaaldelik mooi te vra om nou nie weer hulle stowwerige, taai suigstokkie in die Prada winkel rond te gooi nie. Natuurlik sien die kind dat daar geen nagevolge vir sy aksies is nie en hou aan met sy gedrag. Inteendeel, hy amplify dit eksponensieel elke keer wat daar mooi gepraat word om te sien of mamma ooit breekpunt sal bereik. Maar mamma is vol Valium gepomp en die kinders is vir haar net nog 'n accessory (die pratende ekwivalent van die hond in die handsak) en dus gaan die siklus voort tot die kind eendag in 'n luidkeelse jong mens ontaard wat klein Hyena kinders van haar eie uitpomp.




Erens moet daar 'n streep getrek word. Almal, veral kinders, het perke nodig. Almal moet weet dat daar 'n punt is wat hulle nie mag oorskry nie en almal moet weet dat die oorskryding van daardie punt hoogs ongewenste gevolge sal he. Let it also be known dat hierdie gevolge nie noodwendig 'n pakslae hoef te wees nie (alhoewel 'n warm gat het nog nooit twee keer dieselfde kak aangejaag nie). Op die allerminste moet jy sy speelgoed wegvat of sy 42-inch LED TV met constant Disney loop elke nou en dan uitplug as hy nie wil leer nie. Onthou (en ons kan hierdie nie genoeg uitdruk nie): jou kind is fokken dom, JY moet hom verantwoordelikheid en respek en dissipline leer! DSTV, mooi-praat en Ritalin gaan dit nie vir jou doen nie.

No comments:

Post a Comment