Ek het regtig gehoop ek sal hierdie blog met ‘n merkwaardige, unforgettable topic kan open. Iets wat world peace of kalmte in Libya sal bring. Hierdie is dan tog my kans om bietjie uiting te gee, bietjie stem dik te maak en dalk selfs ‘n klein bietjie van ‘n verandering te maak in die samelewing. Somehow, ek weet nie presies hoe en wanneer, het hierdie epiese opening topic gedraai na iets wat al jare lank my gat se deksel is:Johannesburg traffic.
Mense buite Gauteng sal nie noodwendig die prinsiep of die frustrasie verstaan nie. Traffic is mos traffic? Dit belemmer jou dag met so paar minute, dalk (heaven forbid) met ‘n uur of twee. Maar wat baie min mense buite Gauteng besef is dat Joburg traffic ‘n totaal ander monster is. Dit is nie jou alledaagse halfuur van bumper-to-bumper nie. Joburg traffic, op die beste van dae, is ‘n konstante, naelskraap, sielsaanjaende nagmerrie van noue ontkomings, kras woorde en hoë bloeddruk. Elke persoon in Joburg weet presies, in detail wat in sy lewe gebeur het want diè flits daagliks voor sy oë verby op pad werk toe. In kort: as jy nie kans sien vir ondergrondse fight clubs of nude skydiving, is Jo’burg traffic jou volgende beste opsie vir life-threatening adrenalien sport.
Ek ry gemiddeld so 60km ‘n dag in Joburg traffic en daar gaan nie ‘n dag verby sonder dat ‘n taxi oor ‘n rooi robot jaag, ‘n vent in ‘n BMW in die noodbaan ry of die Metro besluit om 8h die oggend ‘n road block op Joe Slovo Drive te hou nie. Hierdie 60km ‘n dag vat my gewoonlik min of meer 2 ure in totaal om te ry. Elke liewe dag. 2 ure wat ek sit en die verminkte goggas op my windskerm tel (13 vandag) of kyk hoeveel kru sêgoed ek kan maak uit mense se nommerplate. Ek het een dag op my roete selfs getel hoeveel Metro cops ek kon sien wat sonder ‘n veiligheidsgordel ry. Twaalf. In ‘n kwessie van 2 ure. Leading by example? Nie? Okay.
Yip, lyk about reg... |
Ek ry gemiddeld so 60km ‘n dag in Joburg traffic en daar gaan nie ‘n dag verby sonder dat ‘n taxi oor ‘n rooi robot jaag, ‘n vent in ‘n BMW in die noodbaan ry of die Metro besluit om 8h die oggend ‘n road block op Joe Slovo Drive te hou nie. Hierdie 60km ‘n dag vat my gewoonlik min of meer 2 ure in totaal om te ry. Elke liewe dag. 2 ure wat ek sit en die verminkte goggas op my windskerm tel (13 vandag) of kyk hoeveel kru sêgoed ek kan maak uit mense se nommerplate. Ek het een dag op my roete selfs getel hoeveel Metro cops ek kon sien wat sonder ‘n veiligheidsgordel ry. Twaalf. In ‘n kwessie van 2 ure. Leading by example? Nie? Okay.
Wat meeste mense nie verstaan of besef nie is dat verkeer 90% van die tyd veroorsaak word deur...wel...een doos of ‘n versameling dose (‘n Trop? ‘n Swerm?) Een of ander etterkop besluit skielik en summier om oor drie bane te sny om in die draai-baan te kom voordat die robot nou finaal van oranje na rooi oorgaan. Met diè neuk hy in die taxi vas wat beplan het om in die middel van die intersection te stop, ploeg reguit in die bedelaar in wat aandag vestig op sy tekortkoming either met ‘n vlenterhempie of ‘n bordjie wat dit uitdruklik noem en sleep laastens die delivery guy op die standaard motorfiets aan sy agterwiel agterna tot in die middel van die pad. Die gevolg is dat 27 towtrucks na die toneel ontbied word, Metro blok 3 uit 4 bane op die snelweg, en almal sit in hulle kar en luister na die nuusberig wat aanhoudend verslag gee or die einste traffic-jam waarin hulle tans vassit. En dit gebeur byna without fail op ‘n daaglikse basis op die M1, N1, N3, M2, hel noem ‘n pad in Gauteng!
Natuurlik is ons almal skuldig van een of twee keer se oortreding. Ek het ook al hier en daar oor ‘n rooi lig gekruip of per ongeluk voor iemand ingery. Maar dan wys mens jy is jammer en jy aanvaar ‘n paar vuil kyke en jy gaan aan, lesson learned. Maar deesdae is “jammer” of “dankie” glad nie meer ‘n opsie op Egoli se paaie nie. Wanneer Sakkie in sy nuwe Merc jou reeds halfpad in aankomende verkeer in forseer het kan jy jouself gelukkig ag as hy ‘n effense gebaar maak met die slap arm wat tot by die elmboog by sy driver window uithang. Hazard ligte word uitsluitlik gebruik wanneer ons die kar se ABS wil toets deur op 100km/h skielik ankers te lê asof jou crotch nounet spontaan aan die brand gesteek het. Common decency verg glad nie baie inset nie. Daardie vinnige wuif of flits van hazards is al wat dit verg om te wys daar steek nog ‘n ons ordentlikheid in mens vas.
Which brings me to my next point. Onse liewe Metro Police. Die einste Metro Police wat besluit om roadblocks te hou op die besigste paaie in Gauteng tydens die besigste tye van die dag. Roadblocks op Joe Slovo, Main Reef Road en Oxford Road tydens spitstyd verkeer. Regtig? Ja, regtig, fok jou, haal uit jou license en aanvaar maar die verbal abuse wat gewoonlik volg en aanvaar jy gaan nie betyds wees vir jou belangrike meeting, ten spyte van jou emosionele en rasionele verduideliking aan die Sersant Majoor Konstabel met die groot badge. Hierdie is ook die einste Metro wat gewoonlik skitter in hulle afwesigheid wanneer verkeer opdam of wanneer NOG ‘n persoon besluit om die geel streep aan te durf en weer na 5 km se jaag voor almal probeer indruk. Wanneer het padreël oortredings in grade begin plaasvind? Moet jy met ‘n sak cocaine op jou dashboard en ‘n AK47 by jou venster uit in ‘n groep skoolkinders injaag teen 250km/h voordat iets gedoen word?
Sonder om trant te verloor van die verhaal moet ek net duidelik maak: ek dink glad nie ALLE Metro Police is useless nie en ek skeer nie vir een oomblik almal onder dieselfde kam nie. Inteendeel, daar is die wat regtig ‘n uitstekende diens lewer en ‘n verskil probeer maak. Vir hierdie mense haal ek my hoed af want hulle is besig om ‘n losing battle te fight. Vir hulle het ek ongelooflike respek. Aan hulle sê ek... shit, nee, SMEEK ek: ruk jou tjommie aan sy fokken badge rond en kry hom in lyn! Deel ‘n PK of drie uit indien nodig! Verandering moet op ground level plaasvind, niemand anders gaan iets daaraan kan doen nie.
In dieselfde asem is dit ook ons, as mede-padverbruikers, wat ‘n verskil moet maak op ground level. Dit is verbasend hoe ‘n klein bietjie ordentlikheid en ‘n handjievol selfbeheersing en geduld ‘n groot verskil aan jou daily commute kan maak. Dit verg glad nie baie dink-werk om te weet dat die lig nie vinniger gaan groen word as jy halfpad in die kruising insneak nie of dat die spoed-grens nie net 'n abritrere indikasie is nie.
Ongelukkig, net soos meeste probleme in hierdie land, kan ons net op onsself staatmaak om waarlik ‘n verskil te maak. Geen hoeveelheid flitesende ligte of roadblocks of middelvingers gaan die situasie verander tensy ons, as padverbruikers, net vir ‘n oomblik sy medemens in ag neem. Deur net bietjie te dink voor jy soos ‘n donnerse slang tussen die karre vleg sal die trip alreeds vir almal bietjie minder pynvol wees.
No comments:
Post a Comment