Thursday, 7 April 2011

Werkwoord: Om te teef

Na jare se redekawel, wik, weeg en kontemplering is daar besluit dit is nou sulke tyd. Tyd om op te hou kla en kerm in die privaat waar dit meestal op dowe ore val (katte is nie goeie listeners nie) en tyd om stem dik te maak in 'n samelewing waar hoop en potensiaal opsioneel geword het.

Hierdie blog/forum dien as 'n platform om uiting te gee aan al daardie knaende gedagtes wat daagliks by ons opkom waaraan mens geen logika of sin aan kan heg nie. 'n Plek vir ons om saam te kerm, ween en teef oor die alledaagse gebeurtenisse wat ons almal raak maar wat min mense verder as die water-cooler gesprek neem. Ons as mense (en veral Suid Afrikaners) het 'n punt bereik waar ons aanvaar die lewe moet maar so kak wees en ons sit agteroor en vat dinge soos dit kom. Civility is by die venster uit, humor is glad nie meer 'n opsie nie en enige vorm van kritiek is gronde vir hoogverraad. 



Dus word dit soms nodig om net bietjie bek te rek oor wat om ons aangaan, al is dit in die vorm van 'n light-hearted chuckle oor wat vandag in die nuus gebeur het. Solank die nuus bespreek word en solank die nuus versprei! Of hierdie beskeie klein blog enigsins 'n verskil gaan maak aan die situasie weet ek nie, maar dit gaan beslis 'n plus punt vir hierdie skrywer se gemoedstoestand wees om hierdie gesprekke in 'n openbare forum te kry.

Hou hierdie spot dop, daar sal so gereeld moontlik bladsye gevul word met 'n hewige kerm en tewery. Hier en daar sal daar ook afgewyk word van die negatiewe en sal daar posts gemaak word van ander interessanthede, links, staalties en stories. 

Voel vry om by te dra en saam te murmereer! Hopelik kerm en teef ons genoeg dat iemand bietjie kennis neem!

No comments:

Post a Comment